GOEMA SE STORIE
Hierdie aanlyn-uitstalling verken die oorsprong en ontwikkeling van Goema - die uitbundige klank wat gebore is uit die Kaapse mengsel van kulture. Kreolisasie - die vermenging van verskillende tradisies tot ’n nuwe kultuur en taal – het gelei tot die ontstaan van Goema. Dis die musikale hartklop van die Kaapse Klopse en hul vreugdevolle Nuwejaarsvieringe. Ontdek die liedjies, danse en instrumente wat hierdie unieke musiek gevorm het, en sien hoe Goema steeds vandag Suid-Afrikaanse musiek inspireer en beïnvloed.