Die Instrumente en Danse

A Malay Choir performs at an ANC-sponsored ceremony in District Six, Cape Town (South Africa), 2001. By Henry Trotter via Wikimedia Commons, released into the public domain.

Die STEM is die eerste en oudste musiekinstrument. Dit word verskillend gebruik op verskillende vastelande en streke. Dit word plaaslik gekenmerk deur die roep en antwoord styl van Afrika, met ook die Islamitiese karienkel-invloed.


Goema Drum, Cape Heritage Museum. Photograph by Heidi Erdmann.

‘n GOEMA TROM word gemaak van 'n water- of wynvat wat op skepe gebruik is waaroor 'n bokvel oor die een kant styf gespan word. Dit staan ​​ook bekend as 'n gommie, goemie of gom-gom. Dit was die eerste instrument wat in vroeë goema-musiek gebruik is en was waarskynlik plaaslik vervaardig.


The Banjo, Cape Heritage Museum. Photograph by Heidi Erdmann.

Die BANJO. Dié instrument het wel saam met Minstrels uit Amerika in die Kaap aangekom, maar was aanvanklik uit Wes-Afrika (bekend as die banjur) op slaweskepe na Amerika uitgevoer. Dit kan met die vingers getokkel, gestryk of gepluk word. Dit is die hoofinstrument van die Klopse, boeremusiek- en vastrap-orkeste.


Khoekhoe woman playing upon the ramkie. Drawing by Charles Davidson Bell (1834). From Wikimedia Commons, in the public domain. 

Die RAMKIE is 'n plaaslike weergawe van 'n enkel-, twee- of drie-snaar-instrument, geïnspireer deur 'n luit of ra-ving van Indiese, Indonesiese of Malgassiese oorsprong. Dit word met die vingers gepluk eerder as gestryk. Aanvanklik was die lyf van die instrument ’n harde-vel kalbas wat later deur 'n olieblik vervang is en toe 'n blikkitaar genoem is. Die blikkitaar het meer snare gehad en is soos 'n kitaar gespeel. Dit is die hoofinstrument by die Khoekhoe rieldans.


Concertina, by Wiki Taro via Wikimedia Commons, released into public domain. 

Die KONSERTINA is 'n rietinstrument wat in 1829 in Engeland ontwerp is as die alternatief vir ‘n mondfluitjie. Die mees algemene soort wat in die Kaap gespeel is, was die boerekonsertina, 'n basiese model wat beperk was deur die twee toonsoorte waarin dit gespeel kon word. Dit word hoofsaaklik deur vastrap- en boeremusiekorkeste gebruik.


Minstrels in Cape Town with tambourines. From Wikimedia Commons; licenced under CC BY 2.0

Die TAMBOERYN is oorspronklik vanaf die Midde-Ooste na Europa uitgevoer. Dis gewild onder die Klopse, waar dit as die ritmiese maat dien.

 


Cape minstrels at the Stellenbosch Harvest Parade on 25 January 2014 by HelenOnline via Wikimedia Commons, licenced under CC BY-SA 3.0.

BLAASINSTRUMENTE soos trompette, saksofone en trombone het saam met die Morawiese Blaasorkes by die Genadendal Opleidingskool gearriveer, en later die Heilsleër-orkeste.

 Die instrumente wat gebruik is om die musiek te maak, is net so belangrik soos die maat of tempo van die lied: 2:4 (polka); 3:4 (wals); 4:4 of 6:8 (marsmusiek en die kadriel).


Danse

Protea Village, Kirstenbosch in the early 20th century. Image: E 15148, Western Cape Archives and Records Service.

Langarm word dalk beter beskryf as 'n sosiale geleentheid eerder as 'n spesifieke musiek genre of dansstyl, soos die baldanse en die Franse kadriel-styl danse waaruit dit ontwikkel het. Vroeë variasies van die musiek is vertolkings van gewilde Amerikaanse jazz-deuntjies wat vinnig gespeel word op 'n vastrap- of goema-maat. Langarm-danse word tipies deur klein ensembles aangebied met die saksofoon,gespeel in 'n spesifieke styl, as die hoofinstrument. Dié styl deel kenmerke met vastrap en boeremusiek, en het ‘n groot invloed op Kaapse jazz gehad.


The Dark Fantastic & the Light Fantastic, Cape Malays dancing and playing trommel, horn und ramkie, circa 1840. Drawing by Charles Davidson Bell. From Wikimedia Commons.

Vastrap is 'n dans en 'n ritme, eerder as 'n genre. Die dans is moontlik afgelei van Khoekhoe- of San-danse, maar die musiek is gebaseer op Europese volksmusiek soos die polka of mazurka, met ‘n effens stadiger maat. Dit is waarskynlik die skakel tussen goema/langarm en boeremusiek. Vastrap is eers omskryf as ‘n ‘Hottentot-dans’ wat deur 'n enkele persoon uitgevoer kon word, gekenmerk deur ”eienaardige bewegings van bene en voete”, volgens ‘n destydse toeskouer. Alex van Heerden (1974 – 2009) het gesê dit is onmoontlik om vastrap te speel, tensy ’n mens in die magiese glo.

Image courtesy of Alex Bozas. 

“It is impossible to play vastrap unless one believes in magic” - Alex van Heerden (1974-2009), a musician who mixed a range of South African genres and sounds (boeremusiek, goema, vastrap, and the riel, among them).


Die Vyf Vastrappers (1926).  Photographer unknown. Courtesy of the Tradisionele Boeremusiekklub van Suid-Afrika.

Boeremusiek is ‘n afstammeling van goema wat sterker Europese invloede bevat. Dié musiek het duidelik sy eie besonderse ritme, dalk ‘n gevolg van interaksies tussen wit Afrikaanse boere,hul slaafgemaakte en Khoekhoe-werkers op afgeleë plase.

Boeremusiekorkeste gebruik die banjo, kitaar en viool, en ook soms die trekklavier of mondfluitjie, met die konsertina as die leidende instrument. Afhangende van die maat, kan die wals, polka, seties (schottische), en die vastrap daarop gedans word.

Watch a video of the Klipwerf Orkes, a well-known Boeremusiek band in South Africa. 

Listen to Rusoord Vastrap by Corrie Els En Sy Orkes from 1960. 


Tom Tom dance - Mozambiques and Mixed Race by Charles Davidson Bell, 1830s. BC686C14, John and Charles Bell Heritage Trust Collection, University of Cape Town Libraries.

Riel en Rieldans is die musiek en dans van die plaaslike Khoekhoen. Liedjies is in Afrikaans gesing begelei deur ‘n ramkie of blikkitaar (sien onder ‘Instrumente’). Stilisties is die musiek nader aan vastrap en boeremusiek as aan goema/langarm, en latere musiekbegeleiding is inderdaad meestal vastrap. Die dans is vermoedelik gebaseer op eeue-oue San- of Khoekhoe-danse wat deur die schottische riel en die kadriel beïnvloed is.

Previous
Previous

Die Geskiedenis en Oorsprong van Goema

Next
Next

Liedjies en Kore