Liedjies en Kore

Procession on the occasion of the slave liberation, Cape Town showing drums and trumpets, 1854. Painting by George Duff (active 1846-1864). Image from the MuseumAfrica Collection (71/534).

Goemaliedjies was oorspronklik dans musiek wat deur ’n trom begelei is. Dit is gewoonlik op Tweede Nuwejaar gesing deur die kolonie se slaafgemaakte werkers by pieknieks op hierdie vakansiedag vir hulle. Hierdie meestal Afrikaanse goemaliedjies het dikwels gespot met mense, soms gesaghebbendes. Dit kan dus gesien word as 'n vorm van protesmusiek. Die oorsprong van goemaliedjies is onseker, maar dis waarskynlik ‘n mengsel van Nederlandse en Indonesiese volksliedjies, wat die humor en style van beide tradisies kombineer.


Die Angeliere Singing Choir. Performance at the Afrikaans Taal Monument, 2024. Photograph by Heidi Erdmann. 

Moppies is vinnige roep en antwoord-liedjies met satiriese lirieke wat werklike gebeure beskryf of daarna verwys. Dis daarop gemik is om gehore te laat lag oor die lirieke en die manewales van die soliste. Deesdae word van hulle gekomponeer deur grepe melodieë saam te stel wat 'geleen' word by plaaslike en internasionale pop-liedjies en op die goema-maat gespeel word.

Nederlandslieder, eg Nederlands, is ’n mengsel van elemente uit Europa, verskeie Islamietiese streke en die Verenigde State. Hulle word gekenmerk deur die afwisseling van die solis wat melodieë sing wat met karienkels (soortgelyk aan jodel) opgetooi word en 'n koor wat tonale harmonie-akkoorde sing. Daar is vandag in totaal ongeveer 300 liedjies, wat net mondelings oorgedra mag word.

Nederlandsliedjies en moppies word albei verbind met die Moslem- (of Kaaps-Maleise) gemeenskap, en word hoofsaaklik deur manskore gesing, soms met instrumentale begeleiding.


Photo by Ray Ryan, 1957. From the E. van Z. Hofmeyr & J. Lückhoff Collection (BK40), Iziko Social History Collections.

Die Kaapse Klopse is die troepe wat deelneem aan die straatoptogte tydens die Karnaval wat histories op 2 Januarie gehou word. Die woord ‘klopse’ is afgelei van die Engelse woord ‘clubs’. Dit beskryf die sport- en sosiale klubs en die verenigings van die kreoolse gemeenskappe wat tradisioneel die strate ingevaar het om die Nuwejaar te vier. Hierdie klubs het dikwels sanggroepe gehad. Om tussen die klubs te onderskei het hulle kostuums met verskillende kleure gedra en elke groep sou hul eie repertoire van liedjies sing.


Minstrels in Cape Town. From Wikimedia Commons; licenced under CC BY 2.0.

Die Klopse is beïnvloed deur die Minstrels se gebruik van kostuums en grimering, asook die blaasorkeste wat instrumente bekend gestel het wat aan die lyf gedra kon word soos tromme, banjos en tamboeryne. Koperblaasinstrumente is mettertyd bygevoeg. Lede van die troepe het ook whiteface (of wit grimering) op hul gesigte gebruik, in plaas van die Minstrels se blackface (of swart grimering), as 'n teken van protes.


A Malay Choir performs at a competition in the Good Hope Centre, Cape Town, 2001. By Henry M. Trotter via Wikimedia Commons, released into public domain.   

Krismiskore is in werklikheid blaasorkeste wat kore genoem word omdat hulle oorspronklik sanggroepe was. Hulle open die Karnaval-seisoen deur op Oukersaand die strate in te vaar. Hierdie krismiskore word verbind met spesifieke gemeentes en sing kersliedjies, gesange en marsliedjies. Soos die Klopse, word hulle ook van mekaar onderskei deur hul kenmerkende kostuums, maar hulle marsjeer nie soos die Klopse nie.


Kaapse Klopse marching through Cape Town, 2017. By Olga Ernst via Wikimedia Commons, licenced under CC BY-SA 4.0.

Nagtroepe is die Kaaps-Maleise kore wat op Oujaarsaand sing en deur die strate van die stad marsjeer. Op Tweede Nuwejaar, die dag ná Nuwejaarsdag, kan hulle ook by verskeie Klopse troepe aansluit. Hulle sing moppies, en word soms deur koperblaas- of strykorkeste begelei.


Previous
Previous

Die Instrumente en Danse

Next
Next

Goema Vandag