Die Geskiedenis en Oorsprong van Goema
"We're putting up the cornerstone for goema. In Brazil everyone plays samba. In Cuba, everyone plays salsa. It doesn't matter what colour they are or where their ancestors come from. Everyone is eventually going to be a goema musician." - Mac McKenzie
The streets are their stage, 1957. Photo by Ray Ryan, from the E. van Z. Hofmeyr & J. Lückhoff Collection (LC98_19b), Iziko Social History Collections.
Goema* is die naam wat gegee is aan die musiek genre wat in die 1800's aan die Kaap die Goeie Hoop ontstaan het. Dit is sinkretiese musiek, wat beteken dit is 'n samesmelting van verskillende musiektradisies as gevolg van kreolisering. Soortgelyke genres is sega (Mauritius), maloya (Reunion-eiland), samba (Brasilië), son en salsa (Kuba), calypso (Trinidad en Tobago) en zydeco (New Orleans).
Kreolisering is die proses van kulturele en taalvermenging. Die transformasie gebeur wanneer verskillende groepe mekaar ontmoet en met mekaar in wisselwerking tree. In die Kaap was dit die samesmelting van die musiek en tale van die inheemse inwoners; slaafgemaakte mense of gevangenes en die koloniserende bevolkingsgroepe.
*ook gespel as Ghoema, Ghomma en Gomma. Hierdie aanlyn uitstalling is opgedra aan die nagedagtenis van Mac McKenzie wat GOEMA sonder die 'h' gespel het.
‘n Kort Geskiedenis
Cape of Good Hope, 1754. Courtesy of the Rijksmuseum (RP-P-1932-480).
Die Vereenigde Oost-Indische Compagnie (VOC) het in 1652 'n nedersetting aan die Kaap die Goeie Hoop gevestig. Toe die VOC hier aanland, het hulle gevind dat die streek reeds deur die Khoekhoen bewoon is. Die VOC het sekere regte met die inheemse bevolking beding, maar nie probeer om hulle as slaafgemaakte werkers te gebruik nie.
Enslaved labourer, 1719. From the Parliament of South Africa Collection.
In plaas daarvan het hulle slaafgemaakte mense ingevoer vanaf Batavië, hul Oos-Indiese kolonie (wat die Malabar-kus van Indië, Ceylon, die Baai van Bengale en die Indonesiese eilandsee ingesluit het), asook vanaf die ooskus van Afrika en Madagaskar. Die invoer van slaafgemaakte mense het aangehou tot dit in 1834 afgeskaf is, toe die kolonie onder Britse heerskappy was.
Malay and Malay Priests - Cape flats - Table Mountain in the distance by Charles Davidson Bell, 1830s. John and Charles Bell Heritage Trust Collection ( BC686), Special Collections of the University of Cape Town Libraries.
Die VOC het ook die Kaap as 'n strafkolonie gebruik waarheen hulle politieke gevangenes, dikwels sjeiks en kaliefs van Batavië, verban het. Sulke gevangenes was nie vry nie, maar tog ook nie slaafgemaakte werkers nie. Hulle nageslag en volgelinge was vry en het bekend gestaan as die Mardijkers, 'n Nederlandse verwerking van die Maleise woord 'merdeka', wat oorspronklik 'magtig' beteken, maar nou 'vryheid' beteken.
Green Market Square, early 19th century. From a sketch by Charles D'Oyly, 16 April 1832. Western Cape Archives and Records Service (A 2999).
Europeërs wat deur die VOC in diens geneem is, of Vryburgers was, het hoofsaaklik uit Holland en Duitsland gekom, en later het Hugenote, Franse Protestantse vlugtelinge, bygekom.
Die diverse bevolkingsgroepe het 'n deurslaggewende rol gespeel in die ontwikkeling van 'n eiesoortige kreoolse kultuur in die Kaapkolonie. Dit is duidelik te bespeur in die kookkuns, argitektuur, die Afrikaanse taal, en die musiek.
Oorsprong en Ontwikkeling
Canteen Scene during the Frontier Wars showing Khoekhoe dancers and Members of Cape Mounted Rifles, painting by W.H.F.L. Langschmidt, circa 1850. From Wikimedia Commons.
Die eerste stap van die kreoliseringsproses is métissage - die vermenging van die heersende kulture, naamlik die Khoekhoen, Indo-Maleiers, Afrikane en Europieërs. Hierdie proses het begin kort nadat die kolonie gevestig is.
Painting of CSS Alabama (1862-1864) by Rear Admiral J.W. Schmidt. From Wikimedia Commons.
Die eerste goema deuntjies was bekend as goemaliedjies. Die eerste erkende goemaliedjie wat in 1863 geskryf is was Daar Kom die Alibama wat die storie vertel van die CSS Alabama, die konfederale oorlogskip wat by die Kaap aangedoen het. Die komponis hiervan is onbekend. Dit is ook die eerste bekende Afrikaanse liedjie.
Click here to view a video of “Daar Kom Die Alibama”.
Illustration of the L'été ("summer") figure of the quadrille dance, a print engraved by Lebas (1818). From Wikimedia Commons.
Die Franse kadriel is moontlik die eerste van die Europese dans-ritmes wat die ontstaan van ’n nuwe plaaslike vorm van musiek beïnvloed het tydens die kortstondige maar belangrike Bataafse Republikeinse tydperk tussen 1803 en 1806.
People listening to music, Botanic Gardens, Cape Town. Western Cape Archives and Records Service (M2/691).
’n Tweede fase van métissage en kulturele toe-eiening het gedurende die Britse bewind plaasgevind. Die Britse regering het nie die gebruik van die Nederlands-Afrikaanse taal verbied nie, en het ook nie die musiekkultuur in die Kaapkolonie ontwrig nie. Inteendeel, die musiek van die Kaap het met nuwe invloede versmelt. Eerstens met die wals, polka en mazurka, en later met Britse en Keltiese deuntjies en wysies, gesange (deur sendelinge), die Morawiese en Heilsleër se koperorkeste, asook militêre marsorkeste.
J. H. Haverly's Genuine Negro Minstrel & Jubilee Company, Recruits for Gilmore, playing at Her Majesty's Theater, c. 1878. Artwork by Matt Morgan. From Wikimedia Commons.
Amerikaanse minstrel-geselskappe het reeds in 1830 in die Kaapkolonie aangekom. Aanvanklik was dit wit musikante wat in blackface opgetree het. Minstrelsy het oral in die wêreld, ook in Brittanje self, 'n groot invloed op kulturele aktiwiteite gehad. Later is die blackface-minstrels vervang deur Afro-Amerikaanse sangers, wat jubilee-sangers genoem is. McAdoo se Virginia Jubilee Singers was een so 'n groep, wat die ontwikkeling van musiek in die Kaap sterk beïnvloed het, veral die Klopse en die blaasorkeste. Hierdie invloed het op sy beurt 'n diepgaande uitwerking gehad op die ontwikkeling van vermaak aan die Kaap, insluitende die kore en die karnavalmusiek en -danse.
Hierdie nuwe Kaapse métissage-musiek is na die binneland ingevoer namate die Britte die gebied geannekseer het. Dit het 'n belangrike rol gespeel in die vorming van later populêre genres, soos marabi en kwêla.
 
                         
             
             
             
             
             
             
             
             
             
             
            