Hulle het hierdie stad gebou

 

Hierdie versameling kort dokumentêre films  vertel die verhale van mense wat die geskiedenis van Kaapstad help vorm het. Hierdie uitbeeldings verteenwoordig ’n mengsel van historiese en 20ste- eeuse individue, wat die uiteenlopende agtergronde en voorgeslagte van baie van Kapenaars uitlig.

Die uitbeeldings handel oor aktiviste, vryheidsvegters en baanbrekers wat slawerny, onreg en apartheid ervaar en teengestaan het. Almal van hulle het dit ook in gemeen dat hul bydraes tot die geskiedenis van Kaapstad dikwels vergete of onderskat is. Hierdie versameling wil daarom aan hulle die erkenning gee wat hulle verdien.

Verken hierdie uitstallings in:

Engels isiXhosa